Bid saam met ons - Bediening

13 Mei 2023

Voel dit asof jou Gebedslewe nuwe lewe nodig het? Ons Gebedsbediening wil jou uitnooi om saam met ons te bid. Ons gaan vir die volgende kwartaal weeklik Gebedstokkies beskikbaar stel om jou gebedslewe te verryk.
Hoe werk dit dan? Jy kan elke week die Gebedstokkies aflaai van ons webwerf af. Druk die stokkies rug aan rug uit. Jy kan dit op harde karton druk, of gewone papier. Jy kan dit ook lamineer indien jy dit meer bruikbaar wil maak. Sny die stokkies uit en hou in ‘n glasie by jou gebedshoekie. Jy kan dan elke dag vir jou ‘n gebedstokkie of twee trek om voor te bid. Daar is ook ‘n paar leë stokkies wat jy self kan invul, indien jy vir ander temas ook wil bid.

Dit is mooi kleurvol om jou opgewonde te maak oor jou gebedstyd. Dit is moontlik om die stokkies saam as gesin, vriende, kollegas of Kleinkerk te kan gebruik.
Elke week sal ‘n nuwe tema se stokkies beskikbaar wees. Gebruik hierdie stokkies saam met jou Gebedsjoernaal, waar jy jou gebed opskryf. Dit is ‘n oomblik van verwondering as jy terugblaai deur jou Gebedsjoernaal en sien hoe die Here geantwoord het.
Bid asb. hierdie week saam met ons met DANKBAARHEID in die geheel, maar ook spesifiek.

GEBED:
God van my lewe,

Wanneer ek dink oor die omvang van my lewe, voel ek dikwels klein en ongekend.

My taak voor my, lê soos 'n berg.

En in plaas daarvan dat ek die avontuur geniet, word ek vasgevang in angstigheid.

Jesus, help my om sterk te wees.

Dat my hart vir U sal waag met totale oorgawe van my inhibisies.

Mag U liefde enige vrese oorwin en verruil my twyfel vir vasberadenheid.

Mag U krag my swaksinnige gedagtes uit wis en versterk my gees met U krag.

Gee asseblief vir my die waagmoed om vorentoe te streef in volle vertroue vir U glorie.

Want in U Woord beloof U dat U my goed geskape het en dat U dit sal deursien.

Mag ek hierdie belofte ten volle koester en glo.

Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika