Bid saam met ons – Familie

23 Junie 2023

Voel dit asof jou Gebedslewe nuwe lewe nodig het? Ons Gebedsbediening wil jou uitnooi om saam met ons te bid. Ons gaan vir die volgende kwartaal weeklik Gebedstokkies beskikbaar stel om jou gebedslewe te verryk.
Hoe werk dit dan? Jy kan elke week die Gebedstokkies aflaai van ons webwerf af. Druk die stokkies rug aan rug uit. Jy kan dit op harde karton druk, of gewone papier. Jy kan dit ook lamineer indien jy dit meer bruikbaar wil maak. Sny die stokkies uit en hou in ‘n glasie by jou gebedshoekie. Jy kan dan elke dag vir jou ‘n gebedstokkie of twee trek om voor te bid. Daar is ook ‘n paar leë stokkies wat jy self kan invul, indien jy vir ander temas ook wil bid.

Dit is mooi kleurvol om jou opgewonde te maak oor jou gebedstyd. Dit is moontlik om die stokkies saam as gesin, vriende, kollegas of Kleinkerk te kan gebruik.
Elke week sal ‘n nuwe tema se stokkies beskikbaar wees. Gebruik hierdie stokkies saam met jou Gebedsjoernaal, waar jy jou gebed opskryf. Dit is ‘n oomblik van verwondering as jy terugblaai deur jou Gebedsjoernaal en sien hoe die Here geantwoord het.
Bid asb. hierdie week saam met ons vir FAMILIE in die geheel, maar ook spesifiek.

GEBED:
God van my lewe,
Hiermee herverbind ek myself aan my kinders as ‘n heelhartige kind van U.
Ek bid dat my kinders sal besef dat hulle bo alles, geliefd is, omdat U hulle geskape het.
Laat hulle dit in my woorde en dade raaksien – ook hoe ek teenoor hulle en teenoor myself, optree.
Ek wil hê my kinders moet met die wêreld omgaan uit ‘n ruimte van waardigheid aangesien U hulle so geskape het.
Ek wil hê hulle moet leer dat hulle waardig is om liefgehê te word.
Here, laat ons onsself sien vir wie ons werklik is en dat ons, ons broosheid sal erken.  
Laat ons mekaar van deernis leer deur dit uit te leef teenoor onsself en ook teenoor ander.
Laat ons grense daarstel en respekteer, laat ons hard werk en laat ons hoop en deursettingsvermoë eer.
Laat rus en speel, familiewaardes wees.
Here, laat my familie aanspreeklikheid en respek aanleer deur my dop te hou terwyl ek foute maak en hoe ek praat oor my behoeftes en my gevoelens.
Laat ons vreugde ken en ervaar, sodat ons saam dankbaarheid kan uitleef.
Sodra onsekerheid kop uitsteek, sal ons krag van die Heilige Gees ontvang— omdat dit altyd deel van ons alledaagse lewe is.
Saam sal ons huil en treur en vrees aanpak.
Ek sal graag my familie se pyn wil spaar, maar instede daarvan sal ek hulle leer hoe om dit te hanteer.
Laat ons lag, sing, dans en kreatief wees.
Laat ons onsself wees tussen mekaar.
Maak nie saak wat nie – laat hulle altyd hier welkom voel.
Soos wat my kinders nou hul heelhartige reis aanpak, is die grootste geskenk wat ek hulle kan gee – om hulle lief te hê met my hele hart – soos wat U ons opdrag gegee het.
Laat hulle my sien vir wie ek is.
Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram