Bid saam met ons – Land

19 Mei 2023

Voel dit asof jou Gebedslewe nuwe lewe nodig het? Ons Gebedsbediening wil jou uitnooi om saam met ons te bid. Ons gaan vir die volgende kwartaal weeklik Gebedstokkies beskikbaar stel om jou gebedslewe te verryk.
Hoe werk dit dan? Jy kan elke week die Gebedstokkies aflaai van ons webwerf af. Druk die stokkies rug aan rug uit. Jy kan dit op harde karton druk, of gewone papier. Jy kan dit ook lamineer indien jy dit meer bruikbaar wil maak. Sny die stokkies uit en hou in ‘n glasie by jou gebedshoekie. Jy kan dan elke dag vir jou ‘n gebedstokkie of twee trek om voor te bid. Daar is ook ‘n paar leë stokkies wat jy self kan invul, indien jy vir ander temas ook wil bid.

Dit is mooi kleurvol om jou opgewonde te maak oor jou gebedstyd. Dit is moontlik om die stokkies saam as gesin, vriende, kollegas of Kleinkerk te kan gebruik.
Elke week sal ‘n nuwe tema se stokkies beskikbaar wees. Gebruik hierdie stokkies saam met jou Gebedsjoernaal, waar jy jou gebed opskryf. Dit is ‘n oomblik van verwondering as jy terugblaai deur jou Gebedsjoernaal en sien hoe die Here geantwoord het.
Bid asb. hierdie week saam met ons met DANKBAARHEID in die geheel, maar ook spesifiek.

GEBED:
God van ons lewe, ons bid vir ons land en ons leiers.

Ons bid vir dienende leiers wat U liefhet en meer vir ander mense omgee as vir hulleself. Gee ons asseblief leiers met oordeelkundige harte, standvastige vertroue en wyse denke sodat hulle U karakter kan navolg.

Leer hulle – en ons – nie net wat goed is nie, maar ook wat die beste is. Lei hulle in die rigting waarin ons land moet beweeg. Gee hulle rein intensies en goddelike oordeel. Versterk hulle liggaamlik en geestelik en hou hulle gefokus op U – en dat hulle U kinders is. Help hulle om groothartig en opreg te wees, opgewonde om goed te doen en beleefd in hul dade. Hef leiers op met die grootste goddelike potensiaal – diegene wat onsekerhede kan uitpluis, illusie kan blootstel en dwaling kan genees. U alleen het die mag om die harte van leiers te swaai, maar U luister en gebruik ons gebede om hulle in die regte rigting te stuur.

Help ons om getrou te wees en U hart in alles te soek.

Help ons leiers om te erken as hul fouteer het, maar gereed sal wees om te herstel van aanhoudende buigbaarheid. Moedig hulle aan om wyse keuses te maak en as hulle nie weet wat om te doen nie, hulle oë op U gerig te hou. Laat hulle sterk staan in standpunte wat vir U belangrik is, ten spyte van die uitkoms.

Maak hulle Godsgehoorsaam en nie marionette nie – leiers met oortuiging, nie van korrupsie nie.

Here, help ons as ‘n nasie om geregtigheid na te streef en nie soseer regte nie en om opoffering te toon, meer as selfsugtigheid.

U ken ons goed en U verstaan ons tekortkominge. Verander hierdie tekortkominge in sterkpunte, oorspoel ons met U genade, hoewel nie een van ons dit verdien nie. Vul ons met die wete om ‘n tipe Vryheid te kies wat ons almal sal bevoordeel – nie slegs ‘n klein groepie nie. Maak ons oë oop om ander te sien soos wat U hulle sien – met goddelike potensiaal en waarde.

Help ons, o Here, om ons eie trots raak te sien in die poging om onsself en ander te verhef bó U en U doel vir ons lewens.

Ons het U nodig, Here!  Ons het U só nodig!

U het ons land nog net geseën met getrouheid en regverdigheid, selfs wanneer ons, ons rug op U gedraai het en van U goedheid vergeet het.

U dissiplinering is soms streng, maar tog regverdig. U doel is altyd om ons nader aan U te bring, om ons te seën en om ons ‘n magtige nasie te maak wat U eer.  

U is ‘n goeie, goeie Vader – en U liefde vir ons het ‘n is al lank aan ons bewys.

Vergewe ons dat ons altyd ons eie weë wil volg – dikwels die weë met die minste teenstand.

Vergewe ons as ons draadsitters is of sommer net waarhede wat ons kan vrymaak, ignoreer.

Bevry ons van onbenullige twis en eindpunte wat ons nêrens bring nie – weg van U af.

Bevry ons van verdeeldheid en maak ons verharde harte sag om life te hê – nie te haat nie,

en om heel te maak – nie te verbrokkel nie.

Ons geskiedenis het al gesmag vir koninklike leiers wat ons problem kan oplos en in ons behoeftes kan voorsien. Maar U, o God, is ons enigste ware Koning!

Ons het blindelings antwoorde by mense gesoek vir ons aardse behoeftes, maar slegs U is die enigste wyse Raadgewer.

Ons het gesmag na vrede, maar U is die enigste Vredemaker.

Met U kan niks wat teen ons opgerig, behoue bly nie.  Sonder U, is ons niks.

Maak ons ‘n nasie met ‘n hartklop wat elke persoon van elke kleur en afkoms, sal laat smag na U liefde, U goedheid en U waarde.

Verander ons vrese in vertroue aangesien ons slegs na U kan opkyk vir ons toekoms.

Gee ons Godsgeloof sodat ons – maak nie saak wat gebeur nie – ons sal glo dat U nie net in beheer is nie, maar dat U presies weet wat nodig is om U doel met ons land te bereik.

Help ons om ons kant te bring en aan te hou glo in dít wat reg is volgens die waarheid in U Woord.  

Leer ons om ons woorde en dade te laat geld, en hou dit in lyn met wat vir U reg is.

Ons bid dat U ons gelyktydig leiers in U waarheid sal wees, asook volgelinge van diegene wat U eer.

In die kosbare en magtige naam van Jesus,

Amen. (Rebecca Jordan Barlow)

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram