Bid saam met ons - Vriende

9 Junie 2023

Voel dit asof jou Gebedslewe nuwe lewe nodig het? Ons Gebedsbediening wil jou uitnooi om saam met ons te bid. Ons gaan vir die volgende kwartaal weeklik Gebedstokkies beskikbaar stel om jou gebedslewe te verryk.
Hoe werk dit dan? Jy kan elke week die Gebedstokkies aflaai van ons webwerf af. Druk die stokkies rug aan rug uit. Jy kan dit op harde karton druk, of gewone papier. Jy kan dit ook lamineer indien jy dit meer bruikbaar wil maak. Sny die stokkies uit en hou in ‘n glasie by jou gebedshoekie. Jy kan dan elke dag vir jou ‘n gebedstokkie of twee trek om voor te bid. Daar is ook ‘n paar leë stokkies wat jy self kan invul, indien jy vir ander temas ook wil bid.

Dit is mooi kleurvol om jou opgewonde te maak oor jou gebedstyd. Dit is moontlik om die stokkies saam as gesin, vriende, kollegas of Kleinkerk te kan gebruik.
Elke week sal ‘n nuwe tema se stokkies beskikbaar wees. Gebruik hierdie stokkies saam met jou Gebedsjoernaal, waar jy jou gebed opskryf. Dit is ‘n oomblik van verwondering as jy terugblaai deur jou Gebedsjoernaal en sien hoe die Here geantwoord het.
Bid asb. hierdie week saam met ons vir VRIENDE in die geheel, maar ook spesifiek.

GEBED:
God van my lewe, Ek dank U vandag vir die voorreg om vir ander te kan intree.  
Ek was al so dikwels die ontvanger van ander se gebede dat ek besef hoe kosbaar dit is.
Eerstens vra ek dat U my skoonwas van enige sonde wat ek nog nie bely het nie, sodat my gebede vir ander nie verhinder word nie.
Ek dank U dat ek deur U kosbare naam, broos na U toe kan kom en met selfvertroue kan bid en te weet dat U my gebede sal aanhoor.
Ek bring almal in my gemeenskap, my stad en my geloofsfamilie na U toe.
Begin asseblief by diegene wat U reeds volg en staan hulle by om ander ten goede te beïnvloed.  
Laat hulle die sout en lig wees wat ander na U toe lei.
Verdiep hulle liefde vir U en vir mense rondom hulle.
Beskerm hulle teen skynheiligheid en versoekings wat U koninkryk skade kan berokken.
Rig leiers op wat U getrou sal volg ten koste van alles.
Rig pa’s se harte op hul kinders en families se harte, op U.
Help hulle om ‘n voorbeeld van U te wees en maak hulle sterk in hul geloof.  
Versterk my eie familie en almal vir wie ek lief is, Here.
Mag ons liefde vir U ons versterk om ander lief te, hulle te vergewe en ‘n verskil in die wêreld te maak.
Ek bid vir onderwysers, studente en vir almal in leiers posisies – plaaslik en regoor die wêreld.  
Rig hulle denke op U en omring hulle met goddelike raadgewers wat integriteit en regverdigheid voorop stel.  
Staan hulle by om U hoog te ag en U nie te ignoreer nie.
Stuur herlewing, Here!
Ek bid vir die verlorenes, die hartseer, die eensames, die siekes, die bedroefdes en hulle wat gevange is – tussen fisiese en/of psigiese tronkmure.  
Stuur asseblief U troos, U vrede en U kalmerende teenwoordigheid aan diegene sonder hoop.
Beskerm die weerloses, Here en hou hulle styf naby U hart.
Ek bid dat arbeiders regoor die wêreld U groot Naam sal uitdra.  
Here, my hart gaan uit na vervolgde Christene ook.
Maak hulle dapper en laat hulle veilig voel in U goddelike beskerming.
Ek bid dat U spoedige bekering sal bring onder diegene wat die onskuldiges wat U naam uitdra, vervolg.
Bind die mag van Satan en versterk gelowiges wêreldwyd.
Daar is só baie behoeftes, Jesus, maar U is genoeg vir elke behoefte.  
U naam is Almagtig en U krag is groot!
So, dis in U naam wat ek bid en glo

– Amen. (Rebecca Jordan Barlow )

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika