Boundaries Bybelstudie 2022

10 Mei 2022

“Boundaries” Bybelstudie in 3e Kwartaal

Arline Meyer lei ‘n 12 weke aanlyn Bybelstudie op Sondae aande, met die tema Grense (“Boundaries”).

Die Bybelstudie bestudeer vanuit die Bybel hoe grense (“Boundaries”) deur God gegee is, om ons te help, om die goeie binne te hou en die sleg buite. Dit gaan ons help om “Ja” te sê vir dit wat ons lewens verbeter en “Nee” vir dit wat ons energie dreineer.

Die boek “Boundaries” van Dr Henry Cloud en Dr John Townsend is nodig vir die Bybelstudie, sowel as jou Bybel. Ons gaan weekliks hoofstukke bestudeer vanuit die boek en op Sondae besprekings hou oor hoe dit ons as gelowiges beïnvloed. Ons gaan kyk hoe die Woord ons vra om ons grense op te stel sodat ons meer vreugde kan vind om ‘n lewe van oorvloed te kan hê.

Indien jy deel wil wees van die groep wat saam gaan reis in die derde kwartaal, kontak asb vir Arline by 0827734338 of epos haar. Alle inligting gaan direk getref word met mense wat met haar kontak gemaak het.

Ons skop af Sondag 17 Julie 2022, om 18:30. Dit gaan jou lewe verryk en verdiep!

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram