Markus 16:2-6
”Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom. Hulle vra toe vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?” Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is. Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle 'n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik. “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.“

Om oor te gesels en te dink
Ons vier die Opstanding van Jesus. Hy leef! Die grootste wonder van alle tye het plaasgevind. Niemand het verwag dat dit gaan gebeur nie. Tog het Jesus die dood oorwin. Die doderyk kon Hom nie vashou nie.
Wanneer die vroue na die graf toe gaan, was hulle verward. Hulle kom by ’n oop graf en hulle word begroet met die woorde dat hulle nie bang moet wees nie. Skielik het alles verander. Nie net hulle lewens nie, maar ook ons elkeen wat Jesus aanbid. Hy is uit die dood opgewek vir ons elkeen, as God se grootste geskenk aan ons elkeen.
Wanneer ons besef dat Hy vir ons opgestaan het, leef ons anders. Ons kan ’n WOW-lewe lei:

  • W - Waaroor wonder ek?
  • O - Wat kan ek ontdek?
  • W - Waar sien ek God raak?

Gebed
Here Jesus, U lewe! U het vir ons elkeen die lewe gegee toe U opgestaan het. Ek wil U volg. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika