Efesiërs 4:7, 11-12
11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.
Ons het gister nagedink oor die evangelis en herder. Vandag dink ons na oor die leraar.
Dink vir ’n oomblik na oor die volgende vrae, en kyk of enige van hierdie beskrywings by jou pas:
Die kans is groot dat die gawe van leraar vir jou gegee is. Die rol van leraars in die Bybel is om familie van Jesus die “nuts and bolts” van die goeie nuus, geloof in Jesus en volgelingskap van Jesus te leer. Leraars raak nooit moeg om dieselfde ding oor en oor te verduidelik nie, en soek natuurlik na nuwe kreatiewe maniere om dieselfde ding te verduidelik sodat die liggaam tot ’n dieper verstaan daarvan kan kom.
Terug by die braai…
Die apostel vra: “Waar braai ons, en waarom braai ons daar?”
Die profeet vra: “Moet ons braai, is dit die regte ding om te doen?”
Die evangelis vra: “Wie kan ons na die braai toe nooi wat nie laas daar was nie?”
Die herder vra: “Wil julle by ons kom braai?”
Die leraar vra: “Ek lees tans Jan Braai, kan ek jou wys hoe om dit te doen?”
So het ons elkeen ’n gawe ontvang wat verweef is met ons totale menswees, dit is hoe God dit bestem het!
10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Efesiërs 2:10 (1983-vertaling)
Om oor te dink:
”Teacher - connected to the truth of God” Alan Hirsch
“We simply weren’t constructed to live only for ourselves. We were placed on earth to be part of something bigger than the narrow borders of our own survival and our own little definition of happiness.” Paul David Tripp