Lukas 4:23-28

Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.’ Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder, “geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar 'n groot hongersnood in die hele land gekom het. Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na 'n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon. En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.” Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. ”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus het verwerping in Sy tuisdorp ervaar, juis omdat Hy hulle geleer het dat God se genadejaar ook vir die mense was wat hulle uitgestoot het. Soms mag ons pogings om 'n verskil te maak nie aanvaar of verstaan word nie. Vertrou op God se plan, bly getrou aan jou salwing, die Gees van die Here is op jou en die Gees rus jou toe om in God se Koninkryk 'n verskil te maak.

Gebed:
Here, help my om in U guns te lewe en dit te verkondig. Laat my dade en woorde U genade en liefde weerspieël. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika