Johannes 20:22-23
Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! 23As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.”
VRAE:
- Nadat Jesus die eerste keer aan die dissipels verskyn gee Hy aan hulle die Heilige Gees. Sy In dieselfde asem sê vir hulle om mense hulle sondes te vergewe. Dit gee ons die idee dat vergifnis ‘n geloof praktyk is. Dit is ook interessant dat Jesus hulle sê om mense te vergewe wanneer Judas nie onder hulle is nie. Mens sou nie die dissipels kwalik neem as hulle Judas uitgestoot het, verwerp het en buitengewoon kwaad vir hom was nie. Mens sou selfs verstaan as hulle onder mekaar besig was om blaam rond te skuif. As die een hom nie verloën het nie, die ander nie vinniger opgetree het nie, een meer beskermend moes wees, ens. Mens sou selfs verstaan as hulle, hulleself kwalik geneem het vir hulle eie aandeel in die hele kruis gebeure.
- Is daar iemand vir wie jy kwaad is, uitstoot en kwalik neem? Is jy besig om hulle vyandig te hanteer en selfs aktief teenstaan? Hoe sou Jesus se woorde vanoggend jou aanspreek? Wat hoor jy? Wat dink jy verwag Jesus vandag van jou?
- Is daar medegelowiges of huishouding lede wat jy beskuldig, vinger wys of op neerkyk? Hoe sou Jesus se woorde vanoggend jou aanspreek? Wat hoor jy? Wat dink jy verwag Jesus van jou vandag?
- Is daar iets in jouself wat jy jouself oor nie kan vergewe nie? Wat sou Jesus se woorde vanoggend vir jou daaroor sê? Wat hoor jy? Wat dink jy verwag Jesus van jou vandag?
GEBED:
Here, daar is mense ver en naby wat ek nog nie vergewe het nie. Here, soms besef ek die persoon wat ek nie kan vergewe nie kyk vir my in die spieël. Here, gee my asb. die wil om te wil vergewe. Here, help my asb. om te begin vergewe. Here, help my asb. om totaal te vergewe. Here, vergewe ook asb. vir my.
Amen