Efesiërs 3:20-21
“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus sluit sy gebed met ’n lofprysing af. God se krag werk in ons en dit is oneindig meer as wat ons ooit kan bid of dink. As ons terug dink aan ons lewens, kan ons dit net beaam. God gee vir soveel meer as wat ons ooit kon bid of dink. Dalk nie soos wat ons gedink het ons dit wou gehad het nie, maar God is getrou en gee vir ons soveel meer.

  • Skryf ’n paar momente van jou lewe neer waar God vir jou meer gedoen het as wat jy voor gebid het.
  • Sê vir Hom dankie en gee vir Hom die eer daarvoor.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U nog nie klaar is met my nie. Dankie dat U altyd meer doen as wat ek kan bid of dink. Ek wil vir U al die eer daarvoor gee. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika