Jeremia 29:10-11

So sê die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe terug te bring. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Om oor te gesels en te dink:
Jeremia herinner die ballinge dat God 'n plan vir hulle het, en dat hulle uiteindelik sal terugkeer na hulle land. God het gedagtes van vrede en hoop vir hulle. En ook vir ons! God se planne vir ons is goed, selfs al lyk ons huidige situasie moeilik. Ons moet vashou aan Sy beloftes, terwyl ons saam bid en werk vir die welstand in ons eie gemeenskappe. God droom oor ons en oor die stede waarin ons bly.

Gebed:
Here, dankie vir U goeie planne vir ons lewens. Help ons om te vertrou op U beloftes en om hoop te hou, selfs in moeilike tye. Gee ons die krag om vir die welstand van ons gemeenskap te bid en werk. Ons bid ook vandag weer vir die drie mense/dinge. Here wees met… en… en…Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika