Markus 5:35-36
”Terwyl Jesus nog met die vrou praat, kom daar mense van die raadslid van die sinagoge se huis af en sê vir hom: “U dogter het gesterwe. Waarom val u nog ons Leermeester lastig?” Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word, en Hy sê toe vir die raadslid van die sinagoge: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!”“

Om oor te gesels en te dink
Die krisis waarin Jaïrus verkeer het, het hom diep besorg gemaak. Hy het Jesus uit desperaatheid genader en nie geweet wat om te verwag nie. Groot sou sy teleurstelling toe hy hoor dat sy dogter gesterf het. Jesus los dit nie net nie. Jesus se woorde aan Jaïrus is ook vir óns ’n les. Hy het vir hom gesê: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!” Daar is nie net hoop nie, maar ook ’n versekering in daardie woorde opgesluit.
Die Seun van God is só oortuig van sy sending deur die Vader dat Hy Jaïrus gerusstel en oproep tot geloof, omdat Hy reeds geweet het wat sou volg en wat die uitkoms sou wees. Ons moet ook probeer om ons krisisse liewer vanuit die Goddelike perspektief te sien as net vanuit ons eie nood. Jaïrus het Jesus vertrou al het hy nie geweet wat gaan gebeur nie.

Gebed
Here, ek wil U vertrou en glo. Ek sukkel soms, maar help my om U te vertrou en die lewe uit U perspektief te sien. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika