2 Korintiërs 12:9
9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
VRAE:
- Ons het hierdie week reeds gehoor dat dit nie maklik is om die evangelie te volg nie. Dat dit wat die evangelie vir ons vir ons soms onmoontlik gaan voel. Ons het ook ontdek dat ons by Christus die krag ontvang om die evangelie te volg, solank ons vertroue in Hom geplaas word. Maar hoe?
- Die antwoord is eintlik heel eenvoudig. Wanneer ons swak is, is God sterk. Wanneer ons ophou om op ons eie vermoë staat te maak, kan ons begin om op God se vermoë te vertrou. God gee vir ons wat ons nodig het, sodra ons besef dat ons nie dit vir onsself kan doen nie. Dit is genade.
- Hoe sou jy genade beskryf? Wat is dit? Hoe voel dit? Hoe werk dit? Vra vir God om vir jou vandag te wys wat genade alles is.
- Hoe leef jy in genade? Leef jy asof jy vrygestel is? Leef jy asof jy werklik vergewe is en skuld vry is? Waarom leef ‘n mens soos iemand wat vry is en vergewe is?
Gebed:
Here, dankie vir U genade wat vir my genoeg is. Dankie dat U genade juis vir my gegee is, toe ek nog skuldig was, vuil was en nie self enige iets kon doen om dit te verdien nie. Here, dankie dat dit my vry stel, my ware lewe gee. Here, ek sal nooit genoeg dankie kan sê daarvoor nie.
Amen