Jakobus 1:5
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

Om oor te gesels en te dink:
Wanneer ons deur die Nuwe Testament blaai, help Jakobus ons om te dink oor wysheid. Kennis is na binne gerig en help my om my eie vrae en behoeftes aan te spreek. Wysheid daarteenoor is na buite gerig en gaan oor die mense om my. Wanneer ek dus wysheid kortkom om te weet wat om volgende te doen, moet ek dit van God af bid. Die belofte is dat God vir ons wysheid sal gee sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Dit beteken nie dat ek alles kry wat ek wil hê nie, maar eerder ’n ingesteldheid om dit wat ek weet en wat God my gee met die mense om my te deel.
Wysheid is nie selfsugtig nie. Dit moet gedeel word, sodat ander God in my lewe kan raak sien.

Gebed
Here, ek kom bid vandag vir wysheid. Help my om dit wat ek by U leer met ander te deel, sodat hulle U in my lewe kan raak sien. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika