Deuteronomium 6:2-8
2“So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy ‘n lang lewe hê. 3As jy luister, Israel, en as jy gehoorsaam is en lewe volgens my gebooie, sal jy voorspoedig wees en uitermate baie word in die land wat oorloop van melk en heuning. Dit is wat die Here die God van jou voorvaders jou beloof het. 4“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. 6“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. 7Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 8Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ‘n merk op jou voorkop wees. 9Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

VRAE:

  • Die Here gee ons die opdrag om te onderrig. Elkeen van ons kan ander onderrig. God vra dat ons juis dit moet inskerp by ons kinders. Dat ons dit konstant in ons gedagtes moet hou en oral om ons moet plaas sodat ons daaraan herinner sal word.
  • Wie het die grootste invloed in jou lewe gehad as dit kom by onderrig? Wie het jou onderrig in die manier van lewe? Wie het jou onderrig in die weg van geloof? Waarom het hierdie persoon ‘n indruk gelaat? Wat was die belangrikste onderrig wat jy jou getransformeer het?
  • Wie is in jou lewe geplaas wie jy kan onderrig? Wat is die verskil tussen leer en onderrig? Wanneer ons onderrig, is ons besig om te moduleer hoe om dinge te doen. Wie spandeer genoeg tyd saam met jou sodat hulle deur jou voorbeeld geonderrig kan word?
  • Waarom is dit belangrik om dit waarin jy onderrig of geonderrig word om jou te sien? Hoe kan jy in jou huis, jou motor en by die werk sigbare herinneringe plaas sodat jy dit waarin jy geonderrig is in geloof konstant kan onthou?

GEBED:
Here, ek is op besonderse maniere onderrig in geloof. Ek het so baie geleer en dit het so baie vir my beteken. Here, ek vra dat U my sal gebruik om ook ander te onderrig. Here, help my ook om so te leef dat mense in my woorde en dade oortuig sal word van my afhanklikheid van U. Here, mag ander sien en beleef hoe lief ek vir U is. Mag dit my definieer en my aanhoudend transformeer.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika