Spreuke 1:2-7
2Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. 5Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer 6 om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp. 7Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

VRAE:

  • Wysheid is om die Here te dien. Wanneer ons die Here begin dien, begin ons leer wat regverdig en billik is. Ons begin leer wat die regte dinge is om te doen. Ons begin leer waarop ons ons tyd moet spandeer en waarop ons nie ons tyd moet mors nie. Ons begin sin maak van die woorde wat God met ons deel en ons begin om dit in ons lewens in te inkorporeer.
  • As jy na die voorbeeld van Jesus kyk, hoe lyk regverdigheid en billikheid? Wat leer jy uit sy voorbeeld om mense te behandel en te antwoord wanneer mense hom konfronteer? Hoe maak jy dit deel van jou eie lewe? Hoe moduleer jy dit vir ander wat saam met jou leef?
  • Wie in jou lewe, sou jy sê leef hierdie tipe wysheid uit wat Spreuke van praat? Het jy al met hulle gepraat oor hulle motivering en hoe hulle tot hierdie insig gekom het in hulle lewe? Maak ‘n afspraak met iemand wat jy na kan opkyk as ‘n mentor as dit kom by hulle uitleef van hierdie wysheid. Gesels met hulle oor hulle belewenis van die Here.
  • Waaraan het jy nodig om te werk, as dit kom by wysheid, regverdigheid, billikheid? Vra dat die Here jou sal lei in die proses en vir jou geleenthede sal gee om aan hierdie wyshede te werk. Onthou God gee nie die wysheid alleen nie. Hy gee situasies waar jy die wyshede moet begin leef, maar die versoeking het om soos die onkundiges op te tree.

GEBED:
Here, ek weet dat wysheid begin by ‘n verhouding met U. Here, ek weet ook dat ek dit uitleef deur regverdig te wees en ander met billikheid te hanteer. Here, U weet hoe moeilik hierdie proses is. Ek is konstant in die versoeking om op te tree soos my reptiel brein dit vereis, sodat ek net beter voel of veilig voel. Here, help my vandag om U wysheid elke oomblik na te streef. Here, keer dat ek vir die versoeking val. Here, help my om meer en meer te leef soos iemand wat met U wysheid optree.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika