Nehemia 4:1-2, 4-6
“Toe Sanballat hoor ons bou die muur, was hy woedend. Hy het met groot ergernis smalend teen die Judeërs uitgevaar en vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesê: “Waarmee is die arme Judeërs besig? Wil hulle vir hulle ‘n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?”
4 Hoor dit, ons God! Ons word bespotlik gemaak! Laat dié smaad op hulle eie kop afkom, laat hulle gevangenes word in ‘n land van ballingskap! Moenie hulle oortreding vergewe nie, moenie dat hulle sonde ooit voor U uitgewis word nie! Hulle het die bouers beledig!
6Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.”
Om oor te gesels en dink
Nehemia en die volk het die muur gebou, tog was daar weerstand gewees. Mense was woedend en wou nie dat hulle daarmee voortgaan nie. Daar was pogings om hul van stryk te bring. Dit is ’n veeleisende saak en hulle het deursettingsvermoë nodig.
Omdat Nehemia hierdie opdrag van die Here ontvang het, gaan hy na God toe en pleit by Hom om self met die vyande af te reken. Hulle het op die werk bly fokus. Hulle hart was in die werk.
Ons raak ook mismoedig as ons teenstand kry, terwyl ons doen wat die Here van ons vra. Moet jou nie laat ontstel oor almal wat teen jou is nie, doen wat jy moet doen in gehoorsaamheid aan die Here. Gee die mense wat jou wil benadeel oor aan die Here en doen wat jy moet doen.
Hou aan om ’n verskil te maak daar waar jy vandag is. Hou om die stukkie muur voor jou te bou.
Gebed
Here, ek word soms mismoedig, maar help my om te fokus op die werk wat U vir my gee. Ek wil vandag ’n verskil maak waar ek is. Amen.