Johannes 1:47-49
Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie.” Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.” Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!”
Om oor te gesels en te dink:
Natanael daag skepties by Jesus op, maar in hierdie ontmoeting ontdek hy wie Jesus is en dat Jesus hom ken. Jesus deel met Natanael dat Hy hom geken het nog voor dat Filippus hom uitgenooi het om ‘te kom kyk’ wie Jesus is. Jesus sê dat Hy hom onder die vyeboom gesien het en dit oortuig Natanael dat Jesus hom persoonlik ken. Hierdie ontdekking lei tot ‘n belydenis: ‘U is die Seun van God’. Wanneer ons kan bely dat Jesus die Here is kan ons ook uitroep ‘Kom kyk! Ek ken die Rabbi, die Seun van God, die Koning van Israel’ Mag jy vandag in die manier wat jy met mense omgang van God getuig. Laat ons ook uitroep ‘kom kyk! Jesus is die Seun van God'. Gryp die geleentheid aan om vandag met iemand op ‘n eenvoudige wyse te deel dat Jesus jou Here is. (Kom) Kyk of jy dit op ‘n eenvoudige manier kan doen deur in ‘n alledaagse gesprek of opmerking te verwys na Jesus as jou Here.
Gebed
Here, mag my lewe en woorde getuig dat U die Here is. Mag ek geleenthede aangryp om ander te nooi om ‘te kom kyk’ wie U is en vertel dat U my Here is. Amen.