Matteus 5:38, 40
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: … As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.”
Om oor te gesels en te dink:
Jesus noem ’n tweede voorbeeld om die verskil tussen kennis en wysheid uit te wys. Daar was ’n reël dat jy nie iemand se bokleed mag vat nie, want dit mag dalk al wees wat hy het. Die meeste mense in die gemeenskap was baie arm gewees.
Wanneer jy jou bokleed ook gee, maak jy die een wat dit eis, vuurrooi van skaamte en vra dit dat hy moet gaan dink oor wat hy vra.
Hierdie is van die moeiliker dinge wat ons as gelowiges gekonfronteer word. Ons sukkel om wysheid te hê in moeilike situasies. Ons wil op ons regte staan en doen wat ons dink die regte ding sal wees om te doen. Tog kom Jesus en wys ons ’n ander pad. Gee meer as wat van jou gevra word.
Vra die Here om jou te help om reg op te tree, sodat jy met wysheid optree.
Gebed
Here Jesus, ek besef hierdie is nie maklik nie. Gee my die wysheid om te doen wat U van my vra. Ek wil U volg. Help my dat ek U liefde sal wys. Amen.