Johannes 14:25-27
““Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus is besig om met Sy dissipels te praat voor Sy lydingspad begin. Hy vertel hulle dat God, die Vader die Heilige Gees sal stuur om by hulle te wees. Een van die belangrike dinge wat die Heilige Gees doen, is om ons alles te leer en te herinner wat Jesus gesê het. Ons ervaar dit elike dag wanneer ons uit die Bybel lees. God se Gees leer en herinner ons aan Jesus. Ons moet ons onsself oopstel dat die Heilige Gees, die Gees van die waarheid, ons kan leer en lei.
Wanneer jy uit die Bybel lees, bid en vra dat God deur Sy Gees dit vir jou duidelik sal maak.
Jesus belowe verder ook God se vrede vir ons. Ons hoef nie bang en ontsteld te wees nie. Ons is nie alleen nie.
Mag jy vandag ervaar dat God se Gees jou ook leer en lei.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U Gees by my is. Dankie dat U Gees my leer. Ek stel myself oop om meer van U te leer. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika