Psalm 105:23-27

Israel het na Egipte toe gekom, Jakob kon in die land van Gam gaan woon. Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak, talryker as hulle onderdrukkers. Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander, sodat hulle sy volk gehaat en vyandig opgetree het teenoor sy dienaars. Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur, en vir Aäron, die man wat Hy verkies het. Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen, sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam.”

Om oor te gesels en te dink:
Die Israeliete was vreemdelinge in Egipte en later het hulle in slawerny verval. God het egter nie hulle situasie vergeet nie. Hy het Moses en Aäron gestuur om hulle te verlos, en Hy het groot wonders en tekens in Egipte gedoen om hulle bevryding te bewerkstellig. Die mense in ballingskap of selfs met die terugkeer van ballingskap sou hierdié herinneringe van God opnuut onthou en bevestiging ontvang dat God ook in daardie situasie met hulle is. Watter 'lood glasvensters' is daar in jou lewe, nes Psalm 105, wat jou herinner aan God se redding en bevryding in jou eie lewe?

Gebed:
Here, dankie dat U altyd by ons is, selfs in tye van swaarkry. Help my om op U te vertrou. Mag ek altyd onthou dat U almagtig en getrou is. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika