Psalm 105:37-41

Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud. In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie. Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het, want hulle was skrikbevange oor die Israeliete. Die Here het ‘n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle en ‘n vuur gegee om lig te maak in die nag. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig. Hy het ‘n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom wat soos ‘n rivier deur die dorre gebied gevloei het.”

Om oor te gesels en te dink:
God het die Israeliete uit Egipte gelei en voorsien in hulle behoeftes in die woestyn. Hy het hulle met rykdom geseën toe hulle vertrek het, hulle gelei met ‘n wolk en vuur, en hulle voed met manna en kwartels. Hierdie herinnering wys ons op God se voortdurende sorg en voorsiening, selfs wanneer ons in ‘n droë en moeilike plek is. Hoe voorsien en sorg God tans in jou lewe? Of hoe het God al so in die verlede vir jou voorsien?

Gebed:
Here, dankie vir U voorsiening en beskerming in my lewe. Help my om te vertrou dat U sal voorsien in elke behoefte, selfs in tye van swaarkry. Mag ek altyd bewus wees van U sorg en liefde, en U loof vir U getrouheid. Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram