1 Petrus 3:15
15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
VRAE:
- Om vir ander te getuig, gaan nie oor al die regte antwoorde te hê nie. Dit gaan meer daaroor dat ons die hoop wat ons in Christus het, met respek en sagmoedigheid met ander deel. Wanneer ons ander in nederigheid en opregtheid nader, kan God ander mense se harte daadwerklik aanraak.
- Voel jy gedruk om al die antwoorde te hê vir mense se moeilike vrae rondom God? Is dit iets wat jou kan hinder om te getuig?
- Hoe kan jy teenoor ander getuig op ‘n manier wat Christus eer? Hoe lyk dit om met respek en sagmoedigheid jou geloof met ander te deel?
- Het jy al die Heilige Gees se hulp ontvang in oomblikke waar jy onseker was of onbevoeg gevoel het? Hoe het dit afgespeel?
- Hoe kan nederigheid jou versterk as dit kom by jou getuienis van Christus aan ander?
GEBED:
Here, ek weet U roep my om met ander my geloof te deel. Ek mag moontlik nie al die antwoorde hê wat mense wil nodig rondom geloof nie, Here. Maar ek vra dat U my sal help dat dit nie in my pad staan om my ervarings te deel wat ek van U beleef nie. Here, help my dat my egtheid, en my respek vir ander harder sal praat van my geloof in U as my kennis kan.
Amen