Efesiërs 2:4-5
“Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus skryf aan die gemeente in Efese en verduidelik aan hulle God se genade. Genade onbeperk. God is die Een wat eerste uitreik na ons en ons deur Christus red. ’n Definisie van genade is: “God se oordadige, gratis en onverdiende omgee en liefde.”
God het ons in Christus gered, sonder dat ons dit verdien omdat Hy ryk in barmhartigheid is en ons innig lief het. Dit is amper te groot vir ons om te verstaan, maar dit is juis wat dit genade maak. Ons hoef nie vir God bang te wees nie of eers sekere dinge te doen voor Hy ons red nie. Sy liefde vir ons gee die deurslag.

  • Dink na oor God se liefde vir jou.
  • Sê vir Hom dankie dat Hy jou uit genade gered het.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U deur Jesus Christus my uit genade gered het. Dankie dat U liefde so oordadig, gratis en onverdiend is. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika