Efesiërs 2:8-9
“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink:
Genade is ‘n geskenk. Dit is gawe wat God vir ons deur geloof gee. God gee dit verneit vir ons. Ons kan dit nie verdien nie en daarom kan ons nie dink ons is beter as ander mense nie. Nee, ons moet in dankbaarheid hierdie gawe aanvaar en vir ander mense God se genade wys.
Wanneer ons vir die mense om ons vertel van God se goedheid is dit om hulle in te nooi in God se familie.
Omdat ons hierdie gawe ontvang het, leef ons ook anders. Ons besef wat ons het en wie ons is, net genade is.
Wys vandag met jou lewe jou dankbaarheid oor hierdie grootste geskenk wat ons ontvang het.

Gebed
Hemelse Vader, baie dankie dat U vir my die gawe van genade gegee het. Ek weet dat ek dit nie kan verdien nie. Mag ek vandag uit dankbaarheid dit met iemand deel. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika