Markus 8:31
Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan.

Om oor te gesels en te dink:
Gister het ons neergepen wie Jesus vir ons is. Neem ‘n oomblik en lees weer wat jy neergeskryf het. Wie sê jy, is Jesus? Jesus se dissipels het gedink hy is die Messias wat hulle van onderdrukking kom bevry. Hulle het nog nie verstaan nie. Jesus begin hulle toe leer dat Hy baie moet ly. Soms vergeet ons dat Jesus die lydende Messias vir ons geword het. ‘n Lydende dienskneg wat ook ander se lyding raaksien. Neem weer jou papier en skryf neer op watter wyses Jesus gely het. Probeer vandag ook ander mense se pyn raak te sien.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U mens geword het en ‘n pad van lyding gestap het. Maak my vandag bewus daarvan dat U gekies het om die lyding te dra en so ook U kruis. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika