Psalm 27:5-6
5Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan; 6ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal 'n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.
VRAE:
- Die Psalm skrywer is oortuig dat God die een is wat hom beskerm en versorg. Die Psalmdigter weet dat God waardig is van al die prys omdat God hom nog nooit teleurgestel het nie.
- Waar voel jy veilig? Is God jou toevlug wanneer die wêreld te veel word? Kan jy na God gaan wanneer jy moeg, oorlaai, moedeloos en teleurgestel voel? Deel jou hart met die Here.
- Hoe is God jou bron van vreugde en vrede? Hoe is God die middelpunt van jou lewe? Kyk jy na Hom vir jou sekuriteit, jou beskerming en troos? Hoe lyk dit prakties in jou lewe? Deel jou hart met die Here.
- Hoe lyk jou aanbidding van God? Wat doen jy, wat jou konneksie met God versterk? Waar in jou lewe beleef jy God die beste? Hoe kan jy meer van dit in jou lewe inbou?
GEBED:
Here, ek beleef U teenwoordigheid dag en nag. Wanneer ek wakker word weet ek U is die rede daarvoor. Wanneer ek deur die dag wandel weet ek U is my leidsman en my metgesel. Wanneer ek gaan slaap vertrou ek U met alles wat ek niks aan kan doen nie. Here, ek wil U loof en prys vir alles wat U vir my doen. Dankie Here, vir wie U is.
Amen