Psalm 84:2-3
2Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! 3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.

VRAE:

  • Die Psalmdigter deel sy verlange oor die tempel. Hy verlang na die teenwoordigheid van die Here wat hy beleef wanneer hy in die tempel is. Wanneer hy tempel toe gaan sou hy ook in aanraking kom met ander volksgenote wat na die huis van die Here gaan. Hy sal saam met hulle jubel en God se naam groot maak.
  • Wanneer was die laaste keer wat jy gesmag het na die huis van die Here? Verlang jy ook na die samekoms waar mense God se naam groot maak? Het jy ook ‘n behoefte om saam met ander die Here te eer en te prys? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom is dit belangrik om saam met ander gelowiges bymekaar te kom? Hoe help ander gelowiges jou om God te dien? Hoe help ander gelowiges jou om te groei in jou geloof? Hoe help ander gelowiges jou om te groei as mens? Deel jou hart met die Here.
  • Ander gelowiges is nie perfek nie en is geneig om ons te konfronteer met die slegste elemente in ons eie geloofslewe. Wanneer ons sukkel met geduld, kry ons geleenthede om aan ons geduld te oefen. Waaraan het jy nodig om te werk? Hoe daag die gelowiges by die huis van die Here jou uit om daaraan te werk?

Gebed:
Here, ek smag na die huis van die Here. Ek smag daarna om U te ontmoet en U te dien. Here, wanneer ek met ander gelowiges in aanraking kom bring hulle soms die slegte gedeeltes in my karakter na vore. Help my om daaraan te werk. Here, ander kere, help die gelowiges my om meer getrou in my aanbidding van U te wees. Dankie Here dat hulle my inspireer. Here, help my om ook vir ander ‘n voorbeeld te wees van ‘n getroue dissipel vir U.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika