Kolossense 1:3-4
3Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle 4omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges.
VRAE:
- Paulus het gehoor van die gelowiges se liefde vir al die gelowiges. Soms is dit een van die moeilikste uitdagings wat ons kan kry. Mede-gelowiges kan soms skynheilig oorkom of besonders krities wees op mekaar.
- Hoe lyk jou liefde vir jou mede-gelowiges? Is jy deel van ‘n groep mede-gelowiges? Hoe help, ondersteun, leer hulle jou? Hoe jou hulle jou verantwoordelik? Hoe help hulle jou om te groei in geloof?
- Hoe help jy ander mede-gelowiges? Hoe ondersteun, sorg, help en leer jy hulle? Hoe hou jy ander gelowiges verantwoordelik? Hoe help jy ander mede-gelowiges om te groei in geloof?
- Waarom dink jy het Paulus gesê dit is goed om deel te wees van ‘n geloof gemeenskap?
GEBED:
Here, ek is dankbaar dat ons ‘n geloofsfamilie het wat my ondersteun, vir my sorg en my aanmoedig in my geloof. Here, help my om deel te neem aan die geloofsgemeenskap op die manier wat U van my verwag. Help my om hulle lief te hê, hulle te versorg, hulle te ondersteun. Here, seën ons geloofsfamilie.
Amen