Hebreërs 12:1-2a
”Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”

Om oor te gesels en te dink
Hebreërs herinner ons op die regte dinge te fokus. Ons is nie alleen nie. Ons het medegelowiges en is deel van ’n geloofsfamilie wat ons kan kan en moet help om ons laste af te gooi en dat sonde ons nie maklik verstrik nie. Ons moet nie moedeloos word op ons geloofspad nie. Ons moet ons oë op Jesus hou. Hy is die Begin en Voleinder van ons geloof. Dit is amper te groots om in woorde te beskryf. Die Boodskap vertaal dit as: “Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees.”
Hou Jesus vandag voor oë met die wete dat jy nie alleen die pad stap nie.

Gebed
Here Jesus, U is die Begin en Voleinder van my geloof. Ek wil my oog op U gefokus hou. Dankie dat ek nie alleen is nie. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika