4 Augustus 2022

Nehemia 5:14-16, 19
“Van die dag af dat ek aangestel is as goewerneur in Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artasasta, twaalf jaar lank, het ek en my medeamptenare nie aanspraak gemaak op die goewerneurstoelae nie. Die vroeëre goewerneurs, almal voor my, het swaar eise aan die volk gestel. …. Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God. Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur, ek het nie lande gekoop nie, en al my helpers was hier by die werk saamgetrek.”
‭‭ “Onthou tog, my God, tot my voordeel, alles wat ek vir hierdie volk gedoen het!”

Om oor te gesels en dink
Nehemia beleef aanslae en druk met die werk waarnee hy besig is. Van die mense om hom doen alles vir eie gwin en buit mense uit. Tog bly hy getrou en gehoorsaam aan die Here se plan. Al kon hy homself bevoordeel, kies hy om dit nie te doen nie. Hy dien onbaatsugtig. Hy fokus eerder op die plan en prentjie (visie) van God as op die probleme om hom. Hy het die voorbeeld gestel vir almal wat saam met hom gewerk het. Hy vra die Here om dit wat hy doen, raak te sien.
Nehemia het iets verstaan van wat Jesus later in Hand. 20:34 gesê het dat dit beter is om te gee, as om te ontvang.
Mag ons nie moedeloos word om te dien en te gee in gehoorsaamheid aan God se plan nie.

Gebed
Here, soms raak ek moeg om te gee, maar help my om te doen wat ek moet doen. Mag waar ek vandag dien ‘n verskil maak. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika