Romeine 8:31-32
“Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?”
Om oor te gesels en te dink:
Paulus herinner die gelowiges in Rome dat God se vryspraak in hulle guns beslis is. God se genade is vir elkeen van ons bedoel. Daarom kan ons weet dat God vir ons is en niemand kan teen ons wees nie.
Hierdie genade wat ons ontvang is omdat Jesus sy Seun in ons plek oorgelewer het, sodat ons vrygespreek kan wees en in verhouding met God kan leef.
Dit is soms te groot vir ons om te verstaan. Maar ons kan en moet dit ontvang omdat Jesus se liefde vir ons só groot is.
Gebed
Here, dankie dat U genade vir my genoeg is en dat U dit vrylik skenk. Dankie dat U vir my is. Ek het U lief. Amen.