5 Augustus 2022

Nehemia 6:15-16
“Die muur is voltooi op die vyf en twintigste van die maand Elul, binne twee en vyftig dae. Toe al ons vyande dit hoor, en die nasies rondom ons dit sien, was hulle selfversekerdheid daarmee heen. Hulle het toe geweet ons doen hierdie werk met die hulp van ons God.”‭‭

Om oor te gesels en dink
Nehemia en almal wat hom gehelp het, voltooi die muur in ’n rekordtyd. Hulle het nie toegelaat dat iets of iemand hulle van stryk af bring nie. Hulle het gefokus op die plan wat die Here vir hulle gegee het. Dit het alles begin met Nehemia wat ’n pyn ontdek het, wat hy van die Here ontvang het. Dit het uitgeloop in ’n prentjie wat ’n plan geword het. Hy het daarop reageer en mense met hom saam geneem om die plan uit te voer. Elkeen het ’n stukkie gedoen en tot almal se verbasing was dit baie vinnig uitgevoer. Nehemia-hulle het geweet dat hulle dit nie alleen kan doen nie. Hulle het geweet dat die Here hulle help en daarom kon hulle dit voltooi.
Laat ons moed skep dat die Here ons ook help om te doen wat Hy vir ons gee. Laat ons Hom vertrou met die proses, al is dit moeilik.

Gebed
Here, dankie dat U altyd help. Ons kan nie op ons eie werk nie. Help ons om U te vertrou dat ons dit wat U vir ons gee om te doen, sal voltooi. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika