Efesiërs 5:1-2
“Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus moedig die gemeente in Efese aan om prakties ’n verskil te maak waar hulle is. Hulle is kinders van God en moet daaruit leef. Dit is “omdat” hulle kinders van God is, kan hulle anders leef nie. Dit is nie “sodat” hulle kinders van God kan wees nie.
Ons identiteit begin by Jesus. Omdat Hy ons liefhet, kan ons sy voorbeeld volg. Hy het vir ons Sy liefde gewys deur Homself as ’n aanneemlike offer vir God gegee.
Ons het lief omdat God ons eerste lief gehad het.
Ons kan vandag kies om dieselfde te doen. Ons kan mense om ons lief hê en hulle dien, sodat hulle God se lig in ons kan sien.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my liefhet. Mag ek in liefde leef en die mense om my U liefde wys. Ek wil U lig skyn sodat hulle U kan sien. Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram