1 Kronieke 4:9-10
9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” 10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

VRAE:

  • Jabes is baie bewus van wie God is. God is die God van Israel. Die God wat van die begin af beloftes aan Sy volk gemaak het, en die beloftes nagekom het. Die God wat gesê het Hy sal tot seën wees van ander nasies deur Sy mense. Jabes glo in hierdie God en vra daarom vir God om hom te se te seën.
    -Wie is God vir jou? Hoe dink jy oor God? Is God die tipe God wat jou seën? Is God die tipe God wat ander deur jou seën? Kan jy vrymoedigheid neem om vir God te vra vir dit wat op jou hart is? Deel met die Here hoe jy oor Hom dink?
  • Hoe seën God jou deur ander mense? Hoe het jy al God se seën beleef as gevolg van iemand anders wat gehoorsaam was? Hoe kan jy God se seën in jou lewe sien?
  • Het jy al God gevra om ander te seën? Het jy al self vir God se seën gevra? Waarom of waarom nie? Wat sou in jou geloofslewe gebeur as jy self vir God se seën vra?

GEBED:
Here, vandag staan ek voor U en bely dat U die God van Israel is. Die God wat alles geskape het. Die God wat ‘n pad met sy mense stap. Die God wat vir ander seën omdat U, U mense seën. Here, ek vra vandag dat U my sal seën. Nie net ‘n bietjie nie Here, maar sal U, U guns uitgiet in my lewe. Here, mag ek die seëninge nie net vir myself hou nie, Here, maar mag ek dit in ander se lewens ook indra. Here, dankie dat ek U kan vertrou vir U seën.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika