Kolossense 1:11
Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.
VRAE:
- Paulus vra ook vir God dat die gemeente van Kolosse die vermoë sal hê om in alle omstandighede geduldig te volhard. Paulus is bewus daarvan dat dit nie iets is wat in die gelowige se eie vermoë is nie. Dit is juis ‘n eienskap wat slegs moontlik is wanneer ons, ons vertroue in God se krag plaas.
- Hoe maklik of moeilik is dit vir jou om te volhard in uitdagende omstandighede? Kan jy volhard met geduld, of is jy ongeduldig en onaangenaam in daardie omstandighede? Deel jou hart met die Here.
- Is daar iemand in jou lewe wat altyd geduldig volhard wanneer al die omstandighede teen hulle gedraai is? Hoe is dit vir hulle moontlik? Maak seker dat jy by hulle inloer en met hulle gesels oor hulle ervaring.
- Hoe sou jy graag wou optree wanneer situasies uitdagend is en jou moedeloos maak? Watter geloof gewoonte kan jy inbou om jou te help om situasies meer geduldig te kan hanteer en te volhard?
GEBED
Here, wanneer omstandighede om my onstuimig raak, is ek geneig om ongeduldig te probeer voortgaan. Soms is ek so platgeslaan dat ek ook sommer wil opgee. Here, help my om te volhard wanneer ek uitgedaag word. Here, help my ook om dit geduldig te doen. Help my om meer van Jesus in my optrede te wys. Here, help my om minder van my sondige natuur toegang te gee tot my optredes. Here, ek wil graag ‘n voorbeeld wees van U geduldige en liefdevolle natuur.
Amen