Romeine 8:33-35
“Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?”

Om oor te gesels en te dink:
In die betoog wat Paulus aanvoer, vra hy wie kan die kinders van God aankla en veroordeel. Die antwoord is niks en niemand nie, want Christus Jesus het gesterf en opgestaan, sodat ons vrygespreek kan wees. God is die Een wat eerste gehandel het en sonder dat ons dit verdien, het Hy Homself aan ons verbind. Daarom vra Paulus wie kan ons skei van Christus se liefde en die antwoord is niks nie. Hy noem ’n klomp dinge waarvoor die gelowiges bang was. Hy trek as’t ware ’n streep daar deur en herinner ons dat selfs dit ons nie kan skei van God se liefde nie. Daar mag dinge wees waarvoor jy jy bang is, maar weet dat dit jou ook nie van God se liefde sal kan skei nie.

Gebed
Here Jesus, ek verstaan nie altyd U liefde nie. Dankie dat U so lief is vir my en dat niks my van U liefde kan skei nie. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika