Efesiërs 5:9-11
“Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.”

Om oor te gesels en te dink:
Die gelowiges in Efese word opgeroep om in gehoorsaamheid te leef. Dit beteken dat hulle sal nie sal meedoen aan praktyke van die duisternis nie. Hulle moet in die lig lewe en dit moet al hulle besluite bepaal.
Wanneer ons voor keuses gestel word, moet onsonself afvra of die Here tevrede sal wees. Ons kan ons besluite toets of dit goed, reg en waar is. Reflekteer my keuse goedheid, geregtigheid en die waarheid. Die 2020 vertaling van Efes 5:10 sê: “Beproef wat vir die Here aanneemlik is.”
‭‭As kinders van die lig, kan ons God vertrou om ons te help om die regte keuse te maak, wat Sy lig sal laat skyn.

Gebed
Here Jesus, ek wil in gehoorsaamheid die regte keuses maak. Help my om te kies wat goed, reg en waar is. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika