Romeine 8:38-39
“Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus maak ’n lys van ’n klomp dinge wat die mense in Rome voor bang was. Ons kan hiermee identifiseer en sou ook ons eie lys kon maak. Dalk ook tegnologie of kunsmatige intelligensie? Ja, niks, maar niks kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar in Christus Jesus ons Here is nie.
Dit is die een van die belangrikste belydenisse en getuienisse wat ons as gelowiges kan hê: ons weet niks, selfs nie eers die dood of enige ander vrees, kan ons van die liefde van God skei nie.
Kan jy dit ook vandag bely?

Gebed
Here Jesus, baie dankie vir U liefde vir my. Dankie dat niks in hierdie wêreld, selfs nie eers die dood, my kan skei van U liefde nie. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika