8 Augustus 2022

Psalm 130:5-6
“Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.”‭‭

Om oor te gesels en dink
Wag is vir niemand maklik nie. Ons sukkwl om te wag en ook om stil te word by die Here. Tog gaan wag en vertroue hand in hand. Dit is ‘n bewustelike besluit om te wag en te vertrou.
Jy kan vandag se teksvers gereeld vandag opsê in jou gedagtes. So leer ons om te wag en die Here te vertrou. Soos ‘n wag wat verlangend in die nag uitsien na die volgende môre, so wag ons ook op die Here.
Geestelike liedere help ons ook om stil te word en op die Here te fokus. Kies ‘n lied of liedere wat vir jou spesiaal is en luister rustig daarna terwyl jy met die Here praat. Jy kan selfs van die woorde memoriseer en dit deur die loop van die dag op sê.
Op hierdie maniere stel ons ons oop dat die Here met ons praat.

Gebed
Here, ek kom word stil by U. Ek wil leer om op U te wag. Ek wil leer om U meer te vertrou. Help my asseblief daarmee. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika