Efesiërs 5:15-17
“Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.”
Om oor te gesels en te dink:
Ons moet as kinders van God wat in die lig leef, wysheid soek. Ons moet verstandige keuses maak en die tyd uitkoop, as ons hierdie vers letterlik vertaal. Moenie jou tyd mors met ligsinnige dinge nie. Nee, probeer te wete kom wat die Here wil hê.
Jakobus ego ook hierdie woorde in Jakobus 1:5: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
Wanneer jy vandag voor ’n keuse te staan kom, bid en vra die Here vir wysheid. Vertrou dat Hy jou sal help om die regte keuse te maak.
Gebed
Here Jesus, ek wil in U lig bly wandel. Help my om met wysheid die regte keuses te maak. Ek wil die beste van elke geleentheid maak. Amen.