Efesiërs 5:18
“Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus gebruik die beeld van drank om te vra onder wie se beheer mens funksioneer. Te veel drank laat jou buite beheer optree. Wanneer jy onder beheer van Heilige Gees leef, leef jy in afhanklikheid van God.
Dit gaan nie daaroor hoeveel van die Gees jy in jou het nie, maar hoeveel van jou die Gees beheer en besit. Dit bly ’n konstante proses om toe te laat die Heilige Gees jou meer en meer beheer. So kan jy in die lig lewe en vir ander mense die lig wys.

Gebed
O Heilige Gees, ek kom stel my oop. Kom vul my met U Gees, sodat ek meer van U lig kan wys. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika