Efesiërs 3:16-17
“Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.”
Om oor te gesels en te dink:
Paulus doen ’n tweede gebed vir die gemeente in Efese. Hy moedig hulle aan om innerlik sterk te word en toe te laat dat Christus in hulle harte sal woon. Ook dat hulle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Hierdie gebed vra dat ons ons sal oop stel dat God ons in liefde lei en ons innerlik sterk maak soos dit nodig is. Dit vra dat ons in afhanklikheid met Hom sal leef en altyd liefde voorop sal stel.
Hierdie is ook ’n gebed wat ons gereeld kan bid. Vra vir krag om innerlik sterk te word en om te groei in geloof en liefde.
Gebed
Here Jesus, ek wil vandag kom vra vir krag om innerlik sterker te word. Ek wil graag in my geloof groei en U liefde gewortel en gegrondves wees. Help my asseblief. Amen