Jakobus 1:16-18
Moenie julleself mislei nie, my liewe broers (en susters). Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het.

Om oor te gesels of te dink:
Soms kan ons so maklik vergeet dat selfs die klein dinge uit God se hand kom. Dat hierdie gewone dinge ook 'n geskenk is. Met tye is dit iets waarvoor ons gebid het en ander kerw gee die Here nog voor ons kan vra. Hoe ongeloof is dit! Hierdie skrywer van Jakobus sĂȘ ons mislei onsself eintlik as ons nie bewus is of onthou dat elke gawe, geskenk, sekuriteit en mooi toekoms van God is nie en eintlik as geskenk aan ons gee is. Ons is ook getuies van alles wat God geskep het en steeds skep. Alles geskenke!

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Hoe gereeld dink jy is dit te danke aan jou eie harde werk dat jy iets bereik of gekry het?
  • As jy nou weer oor van hierdie geskenke/sekuriteit/mooi toekoms dink in jou eie lewe, kan jy dalk nou God se hand daarin raak sien sien?

Ja, dit is waar dat ons hard werk vir sekere dinge in ons lewe. Maar alles is genade en elke goeie gawe is 'n geskenk van God. Ons kan nie anders as om hierdie te glo en vanuit hierdie ingesteldheid te leef nie.

Gebed:
Here, vandag besef ek dat ek al baie geskenke in my lewe as vanselfsprekend beskou het. Of nog meer - gedink het dit is iets wat ek verdien het, omdat ek so hard gewerk het. Here, hoor my hart vandag as ek weer opnuut besef dat U vir my sorg. En dat elke geskenk meer as volmaak is en vanuit U hand aan my gegee is.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika