Efesiërs 5:19-20
“en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.”

Om oor te gesels en te dink:
Mense van die lig leef met ‘n lied in die hart. Paulus moedig die gelowiges in Efese aan om saam met mekaar liedere te sing om so aan die Here eer te bring. Dit is ook hoekom ons graag saam die Here aanbid as ons saam is.
Jy het ook seker ‘n gunsteling geestelike lied of twee. Luister vandag weer daarna en sê vir die Here dankie.
Verder moedig Paulus hulle aan om in alles dankbaar te wees. Dit herinner aan Filippense 4:6-7 wat sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”
Ons lewe in die lig as ons dankbaar leef.

Gebed
Here, ek net dankie sê. Dankie. Dankie. Mag my lewe altyd my dankbaarheid wys. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika