Matteus 13:31-32
“Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.””
Om oor te gesels en te dink
‘n Mosterdsaadjie is bitter klein. Jy moet dit mooi optel en vashou om te keer om nie te laat val nie. Jesus vertel in ‘n gelykenis dat die Koninkryk van God nes ‘n Mosterdsaadjie is. Dis moontlik dat dit klein in die begin is maar kan groei tot ‘n groot en digte bos. Die verspreiding van die Goeie Nuus was ook eers ‘n klein groep volgelinge en later ‘n beweging en oortuiging waarvan ons vandag deel is. God se Koninkryk is groter as wat ons besef!
Hoe lyk God se Koninkryk vir jou?
Waar beleef jy God se Koninkryk?
Wees op die uitkyk hierdie paar dae vir dinge wat klein mag lyk, maar ‘n groot effek in God se Koninkryk is.
Gebed
Here, dinge mag dalk vir my klein lyk, maar die effek daarvan is nog vir my onbekend. U Koninkryk lyk anders as wat ek dalk aan gewoond is. Wys my hierdie paar dae hoe U Koninkryk kom. Amen.