Hebreërs 11 (Fokus verse 1-2)
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.
Om oor te gesels:
Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=ifCWN5pJGIE
Deel vandag met iemand hoe jou geloof jou help om anders te leef en dink oor die lewe.
Gebed:
Heer van my lewe, God van my lewe,
Wanneer ek dink oor die omvang van my lewe, voel ek dikwels klein en ongekend.
My taak voor my, lê soos 'n berg.
En in plaas daarvan dat ek die avontuur geniet, word ek vasgevang in angstigheid.
Jesus, help my om sterk te wees.
Dat my hart vir U sal waag met totale oorgawe van my inhibisies.
Mag U liefde enige vrese oorwin en verruil my twyfel vir vasberadenheid.
Mag U krag my swaksinnige gedagtes uit wis en versterk my gees met U krag.
Gee asseblief vir my die waagmoed om vorentoe te streef in volle vertroue vir U glorie.
Want in U Woord beloof U dat U my goed geskape het en dat U dit sal deursien.
Mag ek hierdie belofte ten volle koester en glo.
Amen