Lukas 9:54
Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?”
Om oor te gesels en te dink
Jesus is in Samaria waar Hy nie vriendelik ontvang word nie. Dadelik is Jakobus en Johannes, kwaad. Markus 3:17 vertel ons van hierdie twee broers wat die bynaam Boanerges (manne van die donder) gehad het. Hulle wil vergeld en die mense uitsorteer.
Ons kan ook hiermee identifiseer. Ons sukkel met ons eie woede en wil dan die Here vra om dit vir ons met vuur uit te sorteer. Of ons wil soms die vuur en oordeel oor mense afbid soos wat Elia in 2 Konings 1 gedoen het.
Jesus kies om dit nie te doen nie en Hy spreek hulle daaroor aan. Ons moet ook ons woede ook voor Jesus neerlê. Ons mag voel dat dit wat ons dink reg is, maar dis nie altyd die regte ding nie.
Deel met die Here wat in jou hart leef.
Gebed
Here, party maal wil ek ook net vuur op mense afbid. Help my om eerder in liefde te reageer en dien. Amen.