Dinsdag 13 September 2022

Markus 14:36
“Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.””
‭‭
Om oor te gesels en dink
Jesus wys ons wat dit beteken om aan God se wil gehoorsaam te wees. Jesus, as die Seun van God, onderwerp Homself aan die Vader. Hyself sou dit anders wou hê, maar berus Hom by die besluit van Sy Vader. Hy kan dit doen omdat Hy die Vader ten volle vertrou. Hy probeer nie self doen wat Hy dink nodig is nie. Hy spreek sy eie wil uit maar onderwerp dit nogtans aan die Vader se wil. Ons kan by Jesus leer om ook ons wil aan die Vader oor te gee.

*Waarmee worstel jy tans?
*Kan jy dit ook jouself oorgee soos Jesus?
*Kan jy ook bid en vra dat die Vader se wil geskied?

Gebed
Abba Vader, ek kom bid vandag soos Jesus en vra dat U wil sal geskied. Ek kom gee myself oor aan U. Nogtans nie my wil nie, maar U wil. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika