Dinsdag 17 Januarie 2023

Prediker 3:1
“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd”

Om oor te gesels en te dink
Ons dink nie baie oor tyd nie. Ons voel ons het te min tyd en dat dinge te vinnig gaan. Ons kan op twee maniere reageer op tyd.
Aan die een kant, passief, amper negatief - tyd gaan verby en ek kan niks daaraan doen nie. Ek kan niks verander nie en wat gebeur moet gebeur. Die ander kant sien tyd as aktief, positief. Tyd gaan verby, maar ek kan keuses maak om ’n verskil te maak met die tyd wat ek het.
*Hoe dink jy oor tyd?
*Hoe spandeer jy jou tyd?
Fokus op vandag! Moet jou nie verwyt oor wat verby is nie en jou bekommer oor wat nog moet gebeur nie.
Vra die Here om jou te help om ’n verskil te maak met die tyd wat jy het. Jy hoef nie oorweldig te voel nie. Die manier hoe ons na tyd kyk, bepaal hoe ons lewe.

Gebed
Here, ek kom gee vandag my tyd en my dag vir U. Ek wil graag ’n verskil maak. Ek wil my tyd só gebruik dat U daardeur verheerlik sal word. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika